Dekabriste-opstand

Die Dekabriste op Pietersplein.

Die Dekabriste-opstand of Desembriste-opstand (Russies: Восстание декабристов, Wosstanije dekabristof) het op 26 Desember [O.S. 14 Desember] 1825 in die Russiese Ryk plaasgevind. Russiese weermagoffisiere het sowat 3 000 soldate aangevoer in ’n protesoptog teen tsaar Nikolaas I se bestyging van die troon omdat sy ouer broer, Konstantyn, afstand daarvan gedoen het. Omdat die opstand in Desember plaasgevind het, is die betogers Dekabriste of Desembriste genoem (Russies: Декабристы, Dekabristi). Die opstand, wat deur Nikolaas I onderdruk is, het op Pietersplein (voorheen Senaatsplein) in Sint Petersburg plaasgevind. Tydens die honderdste herdenking van die opstand is die plein se naam na Dekabristeplein verander, maar dit is in 2008 terugverander na Senaatsplein.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search